Die Flying Dutchman spookstorie is veral deur die Pirates of the Caribbean film-trilogie bekend gemaak. Spookskepe van ander dele van die wêreld word dikwels ook die Flying Dutchman genoem, maar dié spookskip van Kaptein Hendrik van der Decken wat steeds die Kaap probeer omseil, is die ware Jakob.
Kaptein Hendrik van der Decken en sy bemanning was in 1641 so haastig om by die huis te kom, dat hulle nie omsigtig genoeg met die sterk wind en onheilspellende wolke omgegaan het nie. Dit was te laat om terug te draai, al het van der Decken se bemanning ook hóé gesmeek. Die Kaptein het geweier en het gesweer dat hy die Kaap van Goeie Hoop sal omseil, al moet hy tot die oordeelsdag toe probeer – en dis presies wat hulle steeds doen. Die Flying Dutchman is gedoem om tot in ewigheid op die see te vaar. Hul probeer nodeloos boodskappe aan ander skepe oorhandig vir hul families by die huis, maar as jy een van die briewe aanvaar, is jy verseker gedoem.
Van der Decken het misluk in sy poging om die Kaap te omseil, maar word tot vandag toe nog gesien deur ander skepe aan die Kaapse kus. Die bekendste besigtiging van die skip is in 1881 op die HMS Bacchante deur die man wat later Koning George V van Brittanje sou wees. In 1939 het ‘n groep mense duidelik gesien hoe die Flying Dutchman langs die kus by Muizenberg seil, en in 1959 het die skip Straat Majelhaen gesien hoe die spookskip vinnig op hulle afkom en toe weer skielik verdwyn.

No comments:
Post a Comment