Geeste, gedaantes, spoke….die “onbekende.” Is dit nie interressant hoe ons as lewende siele partymaal so gefassineerd is oor dit wat in die ” ander wereld” aangaan nie? Ons lees oor die dinge wat ” anderkant” aangaan
Saturday, 9 April 2016
Die padspook tussen Northam en Swartklip
Die pad tussen Swartklip en Northam is sowat 12km. Dit spook so erg daar dat die swart mense wat by 'n klein supermark gewerk het geweier het om saans of laatmiddag geweier het om die pad te ry. So het ek een Sondagaand na die kerk op Northam toe gegaan. Dis was 6 uur in die aand, toe ek voet in die hoek sit om betyds te wees vir die diens. My motor se ligte het op 'n vrou wat in die middel van die pad gestaan het geskyn. Ek het gerem, maar met die spoed wat ek gery het, het ek nie dood gerem nie, want ek was op 'n hoƫ spoed. Op daai oomblik was ek geskok, want die vrou het nie pad gegee nie. So +- 5 meter spring sy reg voor my kar in. Ek het gevloek en ek het reg deur haar gejaag! Ek het stil gehou en gaan kyk wat gebeur het. Ek het my motor se ligte geskyn op die plek wat ek dink sy was, en het nooit die vrou gekry nie. Teen die spoed wat ek gery het en die feit dat ek haar nie kon kry nie spook vandag nog in my...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment